Skip to Content

 'n Brief van die Eienares

 Liewe Familie,


In die tyd van onpeilbare hartseer, wanneer woorde nie genoeg is om die verlies van ‘n geliefde te beskryf nie, wil ek u verseker dat u nie hierdie pad alleen hoef te stap nie. By Ruhet Begrafnisdienste glo ons dat ondersteuning meer as net ‘n diens is – dis ‘n belofte van omgee en deernis.


Ons span is beskikbaar, dag en nag, om alle reëlings namens u te tref. Of dit ‘n begrafnis, kremasie of opgrawing is, ons vat u hand en stap elke tree saam met u. Vanaf die oomblik van verlies tot by die teraardebestelling, verseker ons dat elke detail met liefde en sorg hanteer word.



Mag u altyd weet dat ons hier is om u te ondersteun – ‘n gemeenskapsvrou met ‘n hart vol deernis en ‘n hand wat altyd bereid is om te help waar dit nodig is. Kontak ons enige tyd; ons is net ‘n oproep ver.



Met liefde en omgee,

Sanhet